Hier onder is 'n lysie van 'n klompie baie nuttige internet webblaaie. Gebruik dit gerus. Onthou net dat jy onder alle omstandighede altyd enige iets wat jy op die internet lees met groot onderskeidingsvermoë moet hanteer. Moet nooit ander se opinies en standpunte of uitsprake sommer netso sonder kontrole aanvaar nie!!!
Met hierdie skakel kan jy enige inligting van die werksaamhede van die sinodale gebied waarbinne ons gemeente val, bekom.
Die Algemene Sinode is die belydmakende vergadering van die NG Kerk. Met hierdie skakel kry jy toegang tot die standpunte en ander sake wat deur die Algemene Sinode hanteer word.
Die Kerkbode is die amptelike koerant van die NG Kerk. Daarin kan jy nuusberigte en baie ander artikels oor verskillende interessante aktuele temas te lees kry via die internet.
Anders as Die Kerkbode is hierdie 'n tydskrif vir die hele gesin. Dit hanteer 'n klomp baie aktuele temas oor 'n wye spektrum van ons personlike- en gesinslewens.
Deur hier te kliek, kan jy op die internet die hele Bybel lees. Jy kan ook daar na woorde en teksverse gaan soek en dit aflaai op jou rekenaar.
Op hierdie tuisblad word 'n hele aantal praktiese riglyne vir die gelowige gegee.
Op hierdie tuisblad word spesifiek aandag gegee aan die hele saak van Vigs en sake wat daarmee verband hou.
Die saak van jou eie spiritualiteit is van groot belang en kan hier verryk word.
Op hierdie tuisblad word praktiese raad aan gemeentes gegee wat baie help met die praktiese dienswerk van leiers en gemeentelede.
Innerlike genesing is vir elkeen van ons baie belangrik. Hierdie webblad help baie daarmee.
Radiokansel is by ons almal baie bekend vir die uitsaai van geestelike boodskappe en gesprekke wat strek oor die hele spektrum van ons geloofslewe.
Dikwels loop mens met 'n klomp onbeantwoorde vrae oor 'n hele klomp sake van ons lewens. Op hierdie webblad kan letterlik antwoorde oor enige vraag gekry word. Jy kan self ook vrae instuur en ook help met antwoorde op ander se vrae.