Die diens van die gelowige

Uit die verskillende beelde wat in die Bybel gebruik word om die kerk van Jesus Christus te beskryf, is een ding baie seker: die kerk is anders as 'n hotel. Jy weet seker dat ons hier nie praat van die gebou waarin die kerk bymekaar kom nie. Daardie gebou word maar net gerieflikheishalwe kerk genoem omdat die kerk daarin vergader. As die Bybel van kerk praat, praat dit altyd van mense wat deur geloof aan Jesus verbind is. Daardie verbintenis se doel is nie om soos in 'n hotel bedien te word nie, maar om diens te lewer. Elkeen wat deur geloof aan Jesus gebind is, ontvang die verantwoordelikheid om God en ander te dien. Vir die Here is hierdie diens so belangrik dat Hy aan elkeen 'n gawe gegee het, met ander woorde spesiaal vir hierdie diens toegerus het. Gaan lees weer 1 Kor 12 en Rom 12. Die leiers (leraars en kerkraad in ons dag) is nie daar om alleen rond te hardloop en almal te bedien nie, maar om die gemeentelede te begelei en toe te rus sodat elkeen op hulle eie hulle diensverantwoordelikheid teenoor mekaar en die gemeenskap rondom hulle kan bedien (Ef 4).
In hierdie gemeente help ons mekaar om die Here te dien deur ondersteuning op twee maniere: deur mekaar aan te moedig om op ongeorganiseerde wyse by ander betrokke te raak en ook in die gemeente 'n struktuur daar te stel om op georganiseerde manier saam met ander betrokke te raak. Dit werk so:

  1. Ongeorganiseerd:

    Jy kan (behoort) die Here vra om jou elke dag te wys hoe jy in jou persoonlike lewe, waar jy ookal beweeg, so by die mense rondom jou betrokke kan raak dat jy iets afgee van die Here se liefde vir hulle.
  2. Georganiseerd:

    Kom raak betrokke by een (of meer) van die diensgroepe wat in die gemeente bestaan sodat jy saam met ander gelowiges iewers 'n verskil kan maak. Die volgende diensgroepe bestaan tans (die naam van die kontakpersoon en sy/haar tel no word in hakies gegee):

Moenie wag nie. Kontak vandag nog een van die bogenoemde persone en kom raak betrokke. Jou deelname is van kardinale belang vir die funksionering van hierdie gemeente om in die Naam van Christus in ons gemeenskap 'n verskil te maak.