Daar is gedurig artikels en briewe in die dagblaaie wat baie
mense laat wonder oor aspekte van ons godsdiens. Veral die gesag van die
Skrif is kwaai in die spervuur. Verder is daar 'n hele klomp sake wat verband hou met
ons geestelike groei sodat ons dit kan regkry om an die eise van elke dag se lewe
te kan voldoen. Dinge soos die hantering van verhoudings, konflik, finansies, siekte,
traumatiese ervarings, ens klop byna daagliks aan ons deur. Hoe maak ons as gelowiges
met al hierdie dinge?
Daarom is dit belangrik dat daar geleentheid geskep word waar ons as gelowiges met
mekaar oor hierdie sake kan praat. Een so 'n geleentheid is Woensdagaande
om 19:00 in die konsistorie van die NG Gemeente Pierneef (h/v Pierneefstr
en 26ste laan, Villieria, Pretoria). Daar word gedurende die skoolkwartale
elke week 'n Bybelskool aangebied waar na relevante aktuele sake van ons
geloofslewe gekyk word en die Bybel in detail bestudeer word. As jy in die omgewing
van die gemeente woon, is jy baie welkom om dit gratis te kom bywoon. As jy vooraf wil
weet wat die tema is wat op 'n bepaalde aand behandel sal word, is jy welkom om die
kerkkantoor te skakel by 012 333-4273.
Enige persoon is welkom om dit by te woon en dit is gratis.
Hier op die webwerf word die temas wat behandel word, in verkorte vorm geplaas sodat jy dit kan lees.
As jy enige vrae het of kommentaar wil lewer, is jy welkom om dit per epos te doen. Kliek met die muis op
Pierneef en stuur jou boodskap. Wees
asseblief kort en saaklik.
Kliek op die tema hieronder om die inhoud van die onderwerp oop te maak.
|