Die koninkryk van God in die Nuwe Tesament

Inleidend

Kom ons kyk net eers weer wat die kern van die koninkryk van God in die Ou Testament behels. In die vorige artikel het ons agtergekom dat die begrip "Koninkryk van God" nie in die Ou Testament voorkom nie, maar dat die saak wel deeglik daar ter sprake kom. Dit gaan daar naamlik om die Almagtige Skeppergod wat self vir hom mense kies om aan die hand van sy eie stel grondreëls op aarde in die land Palestina en hoofsaaklik deur die volk Israel te regeer. Hy doen dit deur 'n missionêre stryd sodat die wêreld kon weet dat hierdie Here die enigste ware God is.

Die fokus van die Evangelie

In die NT is dit baie duidelik dat die fokus van die Evangelie te make het met die sigbaar word van God se koninkryk. Johannes die Doper wat as voorloper van Jesus se koms sou optree begin reeds deur te verkondig: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” (Mat 3:2). Sy hele bediening was dus daarop gerig om mense bewus te maak van die feit dat daar binnekort iets gaan gebeur wat die heerskappy van God op aarde 'n werklikheid gaan maak. Wanneer hierdie gebeurtenis realiseer en die Messias in die persoon van Jesus kom, word die hele bediening van Jesus saamgevat met die woorde: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Mark 1:15). Die feit dat die hele fokus van God se Woord te make het met God se koninkryk word bekletoon wanneer Jesus na sy opstanding die tyd saam met sy volgelinge benut deur verder met hulle oor "die dinge van die koninkryk van God" (Hand 1:3) te praat.

Hoe lyk die koninkryk in die NT?

Alhoewel Jesus dit baie duidelik stel dat sy koninkryk nie 'n aardse bestemming het nie, maar eintlik 'n bo-natuurlike dimensie betree (Joh 18:36 “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,”) is dit tog ook baie duidelik dat God se koninkryk 'n duidelike effek reeds hier op aarde in mense se lewens het. Die volgende help ons om dit te verstaan:

"... die dinge van die koninkryk..."

As die hele NT se fokus afgestem is op die koninkryk van God en as Jesus selfs in die kosbare tydjie voor sy hemelvaart moeite doen om oor verskillende aspekte daarvan met sy volgelinge te praat, dan is dit belangrik om kennis te neem van die sake wat ter sprake is:

Ten slotte.

As mens mooi na bogenoemde "dinge van die koninkryk" kyk, dan kom die volgende kenmerke duidelik na vore:

Aan laasgenoemde opmerking sal in die volgende artikel aandag gegee word. Terug na die hoofblad.