Leer stories vertel en luister…
…op soek na die beste oplossing vir die konflik

Man luister verwonderd Vrou vertel opgewondeOnthou jy nog wat gebeur wanneer twee klein seuntjies of dogtertjies speel en een skielik seerkry en begin huil? Die eerste ding wat die mamma gewoonlik vra is: "Wat het gebeur?" Sy verwag dan dat die kindjie 'n "storie" moet vertel. Wat dan gewoonlik gebeur, is dat die kind die storie so vertel dat hy/sy baie goed lyk en dit die ander outjie se skuld is dat hy/sy seergekry het. Verder probeer altwee ook sommer gelyktydig praat sodat die mamma hulle eers moet stilmaak en vra dat een op 'n slag moet praat. Of, hulle val mekaar in die rede omdat die storie miskien nie reg vertel word nie en dadelik gekorregeer moet word.
As mens groot is, gebeur presies dieselfde ding nog. In konflikte vertel ons vir mekaar ons "stories" en nog steeds doen dit so dat jou kant van die verhaal die beste klink en die blaam op die ander party val.
So kom mens in 'n konflik nêrens nie. Daarom is dit miskien 'n goeie ding om net vir 'n keer stil te staan by die hele ding van stories vertel in konfliksituasies.

Grondreëls.

Om mee te begin, kyk ons net eers gou na die drie belangrikste grondreëls wat in die gesprek geld:
  1. Net een op 'n slag. Toe die verkeerskonstabel die motor wat te vinnig gery het stop, het altwee die insittendes gelyktydig in Engels begin praat. Die konstabel se verskrikte opmerking was toe: "Don't speak twice. Speak once upon a time." Daarmee het hy 'n baie waar ding gesê. In enige konflik is dit van uiterste belang dat net een party op 'n slag aan die woord moet wees en dat die ander moet stilbly.
  2. Die ander party moet aktief luister. Daar is 'n verskil tussen "hoor" en "luister". Jy kan fisies die klanke wat die ander party met die mond maak hoor sonder om regtig daarna te luister. Ons kom later weer hierby. Hier is dit net genoeg om te meld dat een van die basiese reëls in enige gesprek en dan veral as jy 'n konflik probeer oplos, is dat al die partye nie gelyktydig aan die woord moet wees nie.
  3. Die luisteraar mag nie die ander een in die rede val nie. Terwyl mens na iemand anders se storie luister, kan dit maklik gebeur dat jy hom/haar in die rede wil val omdat hy/sy te langdradig praat of omdat jy van mening is dat die feite nie heeltemal reg vertel word nie. Moenie dit doen nie. Los die ander party om klaar te praat en sy/haar storie entuit te vertel soos die persoon dit wil doen. Jou beurt sal kom.
Wanneer bogenoemde reëls in 'n konflik gerespekteer word, het dit gewoonlik tot gevolg dat partye hulle stories meer volledig en verantwoordelik vertel want elke party beleef die gevoel van daar word na my geluister. Aan die anderkant, luister mens ook met groter respek en verantwoordelikheid want ek besef dat ek ook weer 'n beurt gaan kry en dan sal die ander persoon vir my weer 'n volle kans gee.

Hoe gebruik jy jou beurt om te praat?

Onthou dat jou beurt om te praat as 'n voorreg beskou moet word en jy moet dit met verantwoordelikheid benut. Onthou, woorde het vlerke, dit vlieg. Sorg dat dit so vlieg dat dit reg kan grondvat waar dit weer neerstryk. Hier is 'n paar wenke om dit reg te kry.

Jou beurt om te luister?

Hierbo is al verwys na die balangrikheid om reg te luister wanneer iemand anders praat, veral as dit in 'n konfliksituasie is. Kom ons kyk nou na 'n paar riglyne wat hier van groot belang is. Daar is sekerlik nog meer wenke wat jou sou kon help met die vertel van en luister na stories in 'n konfliksituasie. Hierdie is egter die belangrikstes. Wanneer mens die Bybel lees, kom mens agter dat dit eintlik maar is wat met verskillende skrifgedeeltes bedoel word. Kyk byvoorbeeld na die volgende paar gedeeltes:
Spr 18:13 Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.
Spr 20:12 Die oor wat hoor, die oog wat sien - die Here het altwee gemaak.
Jak 1:19 Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word

Terug na hoofblad.