Christus alles en in almal - Kol 3:1-17

In die vorige gedeelte (Kol 2) het Paulus die gemeente baie sterk aangespreek oor 'n lewe waarin gepoog word om deur die onderhouding van allerlei mensgemaakte godsdienstige reëls en regulasies in verhouding met God te tree. Al hierdie dinge is maar net 'n valse skyn van godsdienstigheid en bring jou nêrens nie. Toe het hy al in vers 20 gesê: "Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld". Hy roep elke gelowige op om te leef soos mense wat aan Christus behoort.
In Kol 3 kom gee hy nou die heel sterkste motivering waarom hierdie leefstyl so belangrik is. Dit word kort en kragtig saamgevat met die woorde: "Christus alles en in almal". Oordink die volgende gedagtes wat oor hierdie hoofstuk gemaak word en vra uiteindelik vir die Here om vir jou te wys hoe Hy wil hê hierdie ideaal in jou lewe verwesenlik moet word.

Gelowiges het ’n nuwe status


Die gelowige se identiteit word sterk bepaal deur sy geloofsverbintenis met Jesus Christus. Dit bestaan uit die volgende elemente:

Die nuwe status bring ook 'n nuwe verpligting op elke gelowige naamlik dat daar volgens hierdie nuwe status geleef moet word. Die sterkste motivering vir hierdie verpligting word in vers 4 gegee as Paulus skryf: "Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel". Gelowiges het dus die voorreg om terwyl hulle nog leef al die versekering te kry dat daar 'n heerlike erfporsie op ons wag as ons die dag te sterwe kom en dit is dat ons die ewige lewe saam met Jesus sal ingaan. Hierdie versekering moet ons aanspoor om so te leef dat almal kan sien dat ons in Jesus 'n nuwe identiteit het.

Leef volgens jou status


Muntstuk met twee kante Die vraag is nou: hoe lyk 'n mens se styl van lewe waarin jou status as gelowige gesien kan word? Paulus noem hier twee dinge wat van belang is. Mens sou kan sê dat hierdie twee dinge saamwerk soos die twee kante van 'n muntstuk. Geen muntstuk is aanvaarbaar as net sy een kant aan die standaarde wat aan muntstukke gestel word, voldoen nie. As die een kant beskadig is of geen herkenbare patroon vertoon nie, is die hele muntstuk waardeloos. So gaan dit ook met die gelowige se lewe. Aan die eenkant word van jou gevra om sekere positiewe kenmerke te vertoon en aan die anderkant word van jou verwag om sekere negatiewe dinge uit jou lewe te verwyder. Kom ons kyk kortliks wat hierdie positiewe en negatiewe dinge is.

Natuurlik is hierdie lysies nie volledig nie en gaan dit ook nie om die afmerk van items op lysies nie. Die groot ding wat Paulus onder ons aandag wil bring is dat die lewenswyse van die gelowige 'n lewende bewys vertoon van God se liefde in jou lewe. Jy sal dus self moet besluit wat in jou lewe gelos moet word en watter dinge daar meer van sigbaar sal moet word. Die maatstaf moet wees: Alles wat nie opbouend vir mense is nie, moet gelos word en alles waarmee ek God se liefde aan ander kan uitdra, moet gedoen word.

Terug na hoofblad.