In aansluiting by die vorige hoofstuk moet onthou word dat Paulus eers 'n dankgebed gedoen het waarin hy die Here loof vir die hoop, geloof en liefde wat Hy aan die gemeente in Kolosse gegee het. Daarna het hy vir hulle voorbidding gedoen. In sy gebed het hy veral aandag gegee aan die feit dat hulle deur die krag van die Heilige Gees meer en meer moet agterkom wat die Here se plan met hulle lewens is. Mens kan nou verwag dat wat in hoofstuk twee gesê word sal aansluit by die eerste hoofstuk. As hy dus hier praat van 'n lewe in verbondenheid, dan is dit nog steeds daarop gemik om die gelowiges te help verstaan hoe 'n mens geestelik tot volwassenheid ontwikkel. Dit gebeur naamlik deur 'n dubbele verbintenis: enersyds is jy verbind aan ander gelowiges en andersyds aan Jesus Christus.
Oordink gerus die volgende opmerkings:
'n
boom se wortels. Net soos geen bo
om
sonder 'n ordentlike wortelstelsel gesond kan ontwikkel en uiteindelik vrugte
voortbring nie, netso min kan die gelowige sonder Jesus Christus 'n vrugbare
lewe voer (Kyk gerus weer na Joh 15:5 & 6).
Die ander beeld is díe van
'n gebou se fondamente. Geen gebou kan bly staan vir baie jare as dit nie
op 'n stewige fondasie gebou is nie. Netso belangrik is dit dat elke gelowige
se lewe op die regte fondasie gebou moet word. Hierdie fondasie is Jesus
Christus (Kyk gerus ook na 1 Kor 3:10 & 11).