Hieronder word 'n aantal belydenisskrifte gelys wat oor die algemeen deur kerke van Gereformeerde Belydenis onderskryf word. Die eerste ses word amptelik deur die NG Kerk aanvaar en dien as belydenisgrondslag van die Kerk. Oor die Belhar Belydenis moet daar nog 'n amptelike besluit geneem word.
Hierdie belydenisskrifte word ook deur die NG Kerk Pierneef onderskryf. Wat die Belhar Belydenis betref, het die kerkraad van die gemeente al 'n hele klompie jare gelede besluit dat daar geen beginsel beswaar teen die dokument genoem kan word nie. Alle belydenisskrifte moet altyd verstaan en gelees word teen die konteks en omstandighede waartydens dit opgestel is.