Deursoek die "Web" Soek net in Pierneef se tuisblad

Geskiedenis
Personeel en kerkraad
Belydenisgrondslag
Bedieningstruktuur
Geloofsvorming/Bybelskool
Preke
Kalender
Roetekaart
Ander Skakels
Die Blye Boodskap
Basiese vertrekpunte

GEREELDE BYEENKOMSTE

Erediens: Sondae 09:00
Kinderkerk (laerskool kategese): Sondae 09:00 (behalwe vakansies)
Senior kategese: Sondae 10:10 (behalwe vakansies)
Gotchu (Jeug): Sondae 17:00 (behalwe vakansies)
Bybelskool: Sondae 18:00, Woensdae 19:00, Jeug - Sondae 18:00
Dames Bybelstudie: Woensdae 09:30 (behalwe vakansies)
Gebedsgeleentheid: Saterdae 07:00 (08:00 in winter)

AFKONDIGINGS 22 tot 28 Januarie 2012

Lees die volledige aankondigings en verjaarsdae in Die Boodskapper van hierdie week.

BANKBESONDERHEDE:

Bank: ABSA
Rek naam: NG Gemeente Pierneef
Takkode: 632005
Rek nr: 005 058 0040

VIR WIE IS HIERDIE GEMEENTE BEDOEL?

Alle mense is welkom

Dwelmverslaafdes, misdadigers, alkoholiste, sondaars, verlore mense, almal wat besef dat hulle voor God niks is nie, afhanklikes van een of ander middel, ernstige gelowiges wat graag die Here wil dien, minderbevoorregtes, dié wat ly en swaarkry, elkeen wat die Here eerste stel in sy/haar lewe, nederiges, boemelaars, kriminele, rokers, gays, lesbiërs, hetero seksueles, egbrekers, gewone mense, spesiale leiers, ou mense en jongmense, ouers en kinders, hoogmoediges, godsdienstiges, materialiste, rassiste, mense wat dink dat hulle sonder die Here kan klaarkom en dus selfvoldaan is, tradisionaliste... Enige ras wat aan hierdie vereistes voldoen al woon hy/sy waar ookal, is welkom.

GEDAGTE UIT DIE WOORD

Ps 119 U woord is die lig vir my pad

Elke keer wanneer ek 'n advertensieblad in ons posbus kry, wonder ek hoeveel dit die maatskappy moes kos om so 'n reklame veldtog te loods. Dit is veral waar wanneer die blad in glans gedruk word. Dan besef ek dat reklame so belangrik is dat besighede gewillig is om baie geld daaraan te bestee. Sonder reklame kan produkte nie verkoop nie. Dieselfde beginsel geld in die koninkryk van God. In die Bybel word die beste produk in die hele wêreld aan ons bekend gestel naamlik die verlossing deur Jesus Christus. Om hierdie produk te "verkoop", gebruik God sy kinders om lewende advertensies daarvan te wees. Het jy al ooit daaraan gedink dat jy elke dag oral waar jy gaan, 'n lewende advertensie vir die Here se geskenk aan die wêreld is? As ander mense jou manier van doen, praat, werk, ens sien, sal dit hulle lusmaak om die Here se kinders te word of sal dit hulle dalk afskrik? Om meer hiervan te hoor, klik hier.

MAAK 'N VERSKIL AS DEEL VAN JESUS SE KERK

Die mooiste beeld wat in die Bybel gebruik word om ons te help verstaan wat die kerk van Jesus Christus regtig is, is die "Liggaam van Christus"-beeld. Daarmee word bedoel dat die gelowiges saam funksioneer soos wat die verskillende liggaamsdele in 'n mens se liggaam funksioneer. "Die oog kan nie vir die hand sê: "Ek het jou nie nodig nie. "Die kop kan weer nie vir die voete sê: "Ek het julle nie nodig nie." As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. (1 Kor 12:21) Die sukses vir die opbou van 'n gemeente hang af van die mate waarin elke gelowige sy/haar funksie vervul (Ef 4:16) en nie hoe hard die dominee en die kerkraad werk nie!!!
Jy kan op een van twee maniere jou "funksie" of "diens" as gelowige vervul. Om hieroor meer te wete te kom, klik hier

GEBRUIK DIE GELEENTHEID

Miskien wou jy al lankal vir iemand wat nie te naby aan jou is nie 'n vraag oor iets vra of sommer net 'n slag jou sê sê of met ander mense die een of ander wonderlike ervaring wat jy gehad het deel. Jy is meer as welkom om dit hier te doen. As jy nie jou naam wil noem nie, is dit reg so. As jy egter kans sien om jou naam by te sit, sal dit wonderlik wees en maak dit jou inset meer persoonlik. (Klik hier) en gaan voort.